African Storybook
Menu
Vakansies by ouma
Fanie Viljoen
Catherine Groenewald
Afrikaans
Odongo en Apiyo woon in die stad by hulle pa.

Hulle sien uit na die vakansie. Nie net omdat die skool sluit nie, maar omdat hulle weer by hulle ouma gaan kuier. Sy bly in ’n vissersdorpie naby ’n groot meer.
Odongo en Apiyo is opgewonde omdat dit weer tyd is om by haar te gaan kuier. Die aand voor hulle vertrek, pak hulle hul tasse en maak gereed vir die reis na die dorpie. Hulle kan nie slaap nie en praat die hele nag oor die vakansie.
Vroeg die volgende oggend vertrek hulle in hul pa se kar.

Hulle ry verby berge, wilde diere en teeplantasies. Hulle tel karre en sing liedjies.
Na ’n ruk is die kinders moeg en raak aan die slaap.
Pa maak vir Odongo en Apiyo wakker toe hulle in die dorpie aankom.

Hulle kry hul ouma waar sy op ’n mat onder ’n boom rus. Ouma se naam beteken "dogter van die mense". Sy is ’n sterk en mooi vrou.
Ouma verwelkom hulle en dans in die kamer rond van blydskap. Haar kleinkinders is angstig om die geskenke wat hulle saamgebring het vir haar te gee. "Maak my geskenk eerste oop," sê Odongo.

"Nee, my geskenk eerste!" sê Apiyo.
Nadat Ouma die geskenke oopgemaak het, seën sy haar kleinkinders op die tradisionele manier.
Daarna gaan speel Odongo en Apiyo buite. Hulle jaag skoenlappers en voëls.
Hulle klim bome en swem in die meer.
Toe dit donker word, gaan hulle terug huis toe vir aandete.

Voordat hulle nog kan klaar eet, raak hulle aan die slaap!
Die volgende dag ry die kinders se pa terug stad toe. Hy los die kinders by Ouma.
Odongo en Apiyo help hulle ouma met huiswerk. Hulle gaan haal water en vuurmaakhout. Hulle gaan haal eiers uit by die hoenders en pluk groente in die tuin.
Ouma leer haar kinders hoe om sagte deegkoekies te maak wat ’n mens saam met bredie eet. Sy wys hulle hoe om kokosneut rys saam met vis te eet.
Een oggend neem Odongo sy ouma se koeie na die weiveld. Hulle hardloop na die buurman se plaas toe. Die boer is baie kwaad vir Odongo. Hy dreig om die koeie vir homself te hou omdat hulle sy oes eet. Na daardie dag maak die seun seker dat die koeie nie weer in die moeilikheid kom nie.
Op ’n ander dag gaan die kinders saam met hul ouma na die mark toe. Sy het ’n stalletjie waar sy groente, suiker en seep verkoop.

Apiyo vertel graag vir die kliënte wat die artikels kos. Odongo verpak dan die goed wat die mense koop.
Teen die einde van die dag drink hulle saam tee. Hulle help hul ouma om die geld wat sy verdien het te tel.
Maar gou is die vakansie verby en die kinders moet teruggaan stad toe. Ouma gee vir Odongo ’n keps en vir Apiyo ’n trui. Sy pak kos vir die reis.
Toe hul pa hulle kom haal, wil hulle nie weggaan nie. Die kinders smeek vir Ouma om saam stad toe te gaan. Sy glimlag net en sê, "Ek is te oud vir die stad. Ek sal vir julle wag totdat julle weer in my dorpie kom kuier."
Odongo en Apiyo gee haar ’n stywe drukkie en sê totsiens.
Terug by die skool vertel Odongo en Apiyo vir al hulle vriende van die lewe in die dorpie.

Party kinders dink die lewe in die stad is goed. Ander dink die lewe in die dorpie is beter. Maar almal stem saam dat Odongo en Apiyo ’n wonderlike ouma het!
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Vakansies by ouma
Author - Violet Otieno
Translation - Fanie Viljoen
Illustration - Catherine Groenewald
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs
© African Storybook Initiative 2015
Creative Commons: Attribution 4.0
Source www.africanstorybook.org
Menu
  • Navigate

    Navigate through the story by swiping right or left or clicking when the cursors changes to an arrow on the right or the left edge of the screen.

    Tap or click on the centre of the page to see, or remove the menu bars at the top and the bottom of the screen. You can also use the ESC key.

    You can use the slider at the bottom as a way to move quickly through the story. On a mobile device tap on the slider before you drag the slider button.

    Click or tap to return to African Storybook.

  • Share
    If you have a Twitter or Facebook account, you can share this story on your page or a page you manage. You can also copy the web link (URL) for this story.
    • Twitter
    • Facebook
    • Url
  • Rate
    Other visitors rated this story

    Tell us how much you liked the story – drag the scroller to highlight one or more stars
    • Submit
  • Comment
    Read other people’s comments on the story, or add your own.
    • Enter your comment
    • Name
    • E-mail
    • Post
  • Translations and adaptations
    • في عطلة مع الجدة
      Arabic (Translation)
    • Mondli Ne Mbali Kɔsra Wɔn Nanabaa
      Asante Twi (Translation)
    • Mupumuno Abankaaka
      ChiTonga (Translation)
    • Cuti kwa Ambuya
      CiNyanja (Translation)
    • Ywomirok bothi Adhadha
      Dhopadhola (Translation)
    • Holidays with grandmother
      English (Original)
    • Mondli and Mbali visit grandmother
      English (Adaptation)
    • Visiting grandmother
      English (Adaptation)
    • Holidays with grandmother (Colour-in)
      English (Adaptation)
    • Rendre visite à mamie
      French (Translation)
    • Cuuti Kuli Banakulu
      IciBemba (Translation)
    • Amalanga wokuphumula nogogo
      isiNdebele (Translation)
    • ULilitha noLuniko batyelela umakhulu wabo
      isiXhosa (Translation)
    • UMondli noMbali bavakashela ugogo wabo
      isiZulu (Translation)
    • Abana mu biruhuko kwa nyirakuru
      Kinyarwanda (Translation)
    • Likizo kwa Bibi
      Kiswahili (Translation)
    • Kumtembelea Bibi
      Kiswahili (Translation)
    • Meemè yee wùn à yaàyá
      Lámnsoʼ (Translation)
    • Ohuŋumulira Ewa Nguhwa
      Lunyole (Translation)
    • Ohuŋuumulira Ewa Nguhwa
      Lunyole (Adaptation)
    • Ekiwuumulo ni dhaadha omukazi
      Lusoga (Translation)
    • Okucaalira dhaadha omukazi
      Lusoga (Translation)
    • Akilakin Ata Egolitoe Esukul
      Ng’aturkana (Translation)
    • Amaulukho Wa Kukhu
      Oluwanga (Translation)
    • Re etela koko
      Sepedi (Translation)
    • Matsatsi a phomolo le nkgono
      Sesotho (South Africa) (Translation)
    • Morwesi le Pule ba etela nkoko
      Setswana (Translation)
    • Kwapumulo Ni Bokuku
      SiLozi (Translation)
    • Ngesikhatsi semaholide nagogo
      Siswati (Translation)
    • Mondli Ne Mbali N Kaa Ba Makpeem
      Talen (Translation)
    • Holodeyi na makhulu
      Tshivenḓa (Translation)
    • Ku endzela kokwana wa xisati hi tiholideyi
      Xitsonga (Translation)
  • Download to read
    Landscape version
  • Download to print
    Portrait (booklet) version
  • Download EPUB