Die kerswaskinders
Suzette Hallatt
Wiehan de Jager
Afrikaans


Lank, lank gelede, was daar 'n gelukkige gesin.
Hulle het nooit met mekaar baklei nie.
Die kinders het hul ouers in die huis en op die lande gehelp.
Die kinders het hul ouers in die huis en op die lande gehelp.
Maar daar was een probleem, hulle kon nie naby 'n vuur of in die son kom nie.
Hulle moes al hul werk in die nag doen.
Want hulle was van kerswas gemaak!
Een van die seuns wou baie graag in die sonlig uitgaan.
Op ʼn dag het hy te veel na die son verlang.
Sy broer en suster het hom gewaarsku.
Sy broer en suster het hom gewaarsku.
Maar dit was te laat.
Hy het in die warm son gesmelt.
Hy het in die warm son gesmelt.
Die kerswaskinders was baie hartseer om te sien hoe hul boetie wegsmelt.
Hulle maak toe 'n plan.
Uit die gesmelte was vorm hulle 'n pragtige voël.
Uit die gesmelte was vorm hulle 'n pragtige voël.
Hulle neem die voël na 'n hoë berg.
En toe die son opkom, het die voël al singende weggevlieg.
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die kerswaskinders
Author - Southern African Folktale
Translation - Suzette Hallatt
Illustration - Wiehan de Jager
Language - Afrikaans
Level - First sentences
Translation - Suzette Hallatt
Illustration - Wiehan de Jager
Language - Afrikaans
Level - First sentences
© African Storybook Initiative 2014
Creative Commons: Attribution 4.0
Source www.africanstorybook.org
Creative Commons: Attribution 4.0
Source www.africanstorybook.org

