African Storybook
Menu
'n Klein Saadjie: Die Verhaal Van Wangari Maathai
Monique
Maya Marshak
Afrikaans
In 'n klein dorpie teen die hange van berg Kenya, het 'n klein dogtertjie in die landerye saam met haar ma gewerk. Haar naam was Wangari.
Wangari het dit baie geniet om buite te wees. In hulle familie se groentetuin, het sy die grond los maak met haar Machete. Daar het sy klein saadjies in die grond geplant.
Sonsondergang was haar gunsteling deel van die dag. Sy het geweet dit was tyd om huistoe te gaan wanneer dit so donker geword het, dat sy nie meer die plante kon sien nie. Sy het die smal padjies gevolg deur die landerye en riviere.
Wangari was 'n slim kind en kon nie wag om skooltoe te gaan nie. Haar ma en pa wou gehad het sy tuis bly, om hulle te help. Op sewe-jarige ouderdom het haar ouer boetie haar ouers oortuig om haar skooltoe te stuur.
Sy het daarvan gehou om te leer! Met elke boek wat Wangari gelees het, het sy al hoe meer geleer. Sy het so goed gedoen op skool dat sy die geleentheid gebied is om in die Verenigde State van Amerika te studeer. Wangari was baie opgewonde! Sy wou graag meer leer van die wêreld. Sy het so goed gedoen op skool dat sy die geleentheid gebied is om in die Verenigde State van Amerika te studeer.
Wangari het baie nuwe dinge geleer by die Amerikaanse universiteit. Sy het meer van plante geleer en hoe hulle groei. Dit het haar laat terug dink aan die pragtige woud in Kenya. Sy het daar saam met haar boeties onder die koeltebome gespeel.
Sy het al hoe meer besef hoe lief sy die mense van Kenya het, terwyl sy studeer het. Sy wou hê hulle moet gelukkig en vry wees. Hoe meer sy geleer het, hoe meer het sy terug gedink aan haar tuiste in Kenya.
Toe sy haar studies voltooi het, is sy terug Kenya toe. Alles in haar land het verander. Daar was groot uitgestrekte plase, reg oor die land. Die vroue het nie meer hout gehad, om vuur te maak nie. Die mense was arm en die kinders was honger.
Wangari het 'n plan gehad. Sy het die vroue geleer hoe om met die plant van 'n saadjie, 'n boom te laat groei. Die vroue kon die bome verkoop en die geld gebruik om na hulle gesinne om te sien. Die vroue was baie gelukkig. Wangari het hulle gehelp om suksesvol te wees.
Die nuwe bome het groot geword en groot boomplantasies geword. Die riviere het weer begin vloei. Wangari se boodskap het reg oor Afrika versprei. Vandag is daar miljoene bome wat met Wangari se hulp groei.
Wangari het hard gewerk. Regoor die wêreld het mense notisie geneem van haar hulp en sy het 'n bekende prys verower. Ons noem hierde prys die Nobel Prys vir Vrede. Sy was die eerste vrou in Afrika wat hierdie prys verower het.
Wangari het in 2011 gesterf, maar elke keer wat ons 'n boom sien, kan ons dink aan haar groot bydra in Afrika.
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
'n Klein Saadjie: Die Verhaal Van Wangari Maathai
Author - Nicola Rijsdijk
Translation - Monique
Illustration - Maya Marshak
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs
© Nicola Rijsdijk, Maya Marshak, Tarryn-Anne Anderson, Bookdash.org and African Storybook Initiative 2015
Creative Commons: Attribution 4.0
Source www.africanstorybook.org
Original source www.bookdash.org
Menu
  • Navigate

    Navigate through the story by swiping right or left or clicking when the cursors changes to an arrow on the right or the left edge of the screen.

    Tap or click on the centre of the page to see, or remove the menu bars at the top and the bottom of the screen. You can also use the ESC key.

    You can use the slider at the bottom as a way to move quickly through the story. On a mobile device tap on the slider before you drag the slider button.

    Click or tap to return to African Storybook.

  • Share
    If you have a Twitter or Facebook account, you can share this story on your page or a page you manage. You can also copy the web link (URL) for this story.
    • Twitter
    • Facebook
    • Url
  • Rate
    Other visitors rated this story

    Tell us how much you liked the story – drag the scroller to highlight one or more stars
    • Submit
  • Comment
    Read other people’s comments on the story, or add your own.
    • Enter your comment
    • Name
    • E-mail
    • Post
  • Translations and adaptations
    • البذرة الصغيرة – حكاية ونقاري ماتهاي
      Arabic (Translation)
    • A tiny seed: The story of Wangari Maathai
      English (Original)
    • A tiny seed: The story of Wanderimam Danasabe
      English (Adaptation)
    • Une Petite Graine: L’Histoire De Wangari Maathai
      French (Translation)
    • Mitsitsin Iri: Labarin Wangari Maathai
      Hausa (Nigeria) (Translation)
    • Ukhozo lwembewu oluncinane
      isiXhosa (Translation)
    • Imbewu encane
      isiZulu (Translation)
    • Hadithi kumhusu Wangari Maathai
      Kiswahili (Translation)
    • Wangari Maathai
      Kiswahili (Adaptation)
    • Wangari Maathai
      Kiswahili (Adaptation)
    • Shiŋgoòy: Kimfèr Ke Wangari Mathay
      Lámnsoʼ (Translation)
    • mukasigo akato: olugero lwa wangari maathai
      Luganda (Translation)
    • Imitsio infiti: Lukano lwa wangari Maathai
      Lumasaaba (Translation)
    • ENSIGO ENTONO
      Lusoga (Translation)
    • Peu ye nnyanennyane
      Sepedi (Translation)
    • Peo E Nyane
      Sesotho (South Africa) (Translation)
    • Èso Kékeré Kan: Ìtàn Tí Wangari Maathai
      Yoruba (Adaptation)
  • Download to read
    Landscape version
  • Download to print
    Portrait (booklet) version
  • Download EPUB