Skilpad Soek Sy Huis
Maya Fowler
Katrin Coetzer

Skilpad loop een dag deur die veld. Hy soek en soek. Ná 'n ruk loop hy verby Slak. "Jy lyk of jy iets soek," sê Slak vir Skilpad. "Ja Slak, ek soek my huis. Weet jy dalk waar ek hom kan kry?"

1

Slak sê: "Nee, ek weet nie, maar ek sal help soek!" Sy klim bo-op Skilpad se dop. Skilpad loop verder met Slak wat bo-op ry. Hulle kyk en hulle soek, maar hulle sien niks wat huis is nie. Die son is hoog in die lug.

2

"Jy lyk of jy iets soek," sê Mossie vir Skilpad. "Ja Mossie, ek soek my huis. Weet jy dalk waar ek hom kan kry?" Mossie sê: "Nee, ek weet nie, maar ek sal help soek!"

3

Hy klap sy vlerkies. Woerts is hy weg. "Maar jy beweeg te vinnig vir my," roep Skilpad. Mossie kom terug. "Nou goed, dan klim ek op."

4

Skilpad loop verder, met Slak en Mossie wat boopry. Hulle kyk en hulle soek, maar hulle sien niks wat huis is nie. Die son sak 'n bietjie.

5

Ná 'n ruk loop hulle verby Liewenheersbesie. "Jy lyk of jy iets soek," sê Liewenheersbesie vir Skilpad. "Ja Liewenheersbesie, ek soek my huis. Weet jy dalk waar ek hom kan kry?"

6

Liewenheersbesie sê: "Nee, ek weet nie, maar ek sal help soek!" Sy klim bo-op Skilpad se dop, en Skilpad loop verder, met Slak en Mossie en Liewenheersbesie wat bo-op ry. Hulle kyk en hulle soek, maar hulle sien niks wat huis is nie. 'n Briesie steek op.

7

Ná 'n ruk loop hulle verby Streepmuis. Hy is besig om 'n blommekransie te vleg. "Jy lyk of jy iets soek," sê Streepmuis vir Skilpad. "Ja Streepmuis, ek soek my huis. Weet jy dalk waar ek hom kan kry?"

8

Streepmuis sê: "Nee, ek weet nie, maar ek sal help soek!" Hy klim bo-op Skilpad se dop. "Wag, ek kan nie my madeliefies los nie." Skilpad wag. Streepmuis rek en strek en skep sy kransie op.

9

Skilpad loop verder, met Slak en Mossie en Liewenheersbesie en Streepmuis wat bo-op ry. Hulle kyk en hulle soek, maar hulle sien niks wat huis is nie. Die wind raak 'n bietjie sterker. Later is Skilpad moeg. "Julle ouens is swaar," kla hy.

10

Die wind waai sterker. Die lug word donker. "Ag, waar is my huis?" vra Skilpad hartseer. In die berge rammel donderweer. In die verte klap die blits. Drup-drup kom die reën. "Ag, waar is Skilpad se huis?" vra Slak en Mossie en Liewenheersbesie en Streepmuis.

11

Die wind waai sterk en die wind waai sterker. Die wind blaas Slak en Mossie en Liewenheersbesie en Streepmuis van Skilpad se rug af.

12

En daar kom die hael, tip-tip-tip. Skilpad skrik so groot, hy kruip in sy dop. Dis warm en veilig daar. "O, hier is my huis!"

13

"O, hier is Skilpad se huis!"

14
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Skilpad Soek Sy Huis
Author - Maya Fowler
Illustration - Katrin Coetzer
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs