Mooi so, Zama!
Michael Oguttu
Vusi Malindi

My klein boetie slaap laat.

Ek word vroeg wakker, want ek is fluks!

1

Ek is die een wat die son laat inkom.

2

"Jy is my môrester," sê Mamma.

3

Ek was myself elke dag, niemand hoef my te help nie.

4

Ek gee nie om vir die koue water of vir die blou seep waarmee Mamma klere was nie.

5

"Moenie vergeet om jou tande te borsel nie," herinner Mamma my.

Ek antwoord: "Nooit, nie ek nie!"

6

Nadat ek gewas het, groet ek vir Oupa en Tannie.

Ek wens hulle 'n goeie dag toe.

7

Dan trek ek aan.

"Ek is nou groot, Mamma," sê ek.

8

Ek maak self my rok se knope en my skoene vas.

9

Ek maak seker my boetie hoor al die nuus van die skool.

10

Ek doen altyd my bes in die klas.

11

Ek doen elke dag al hierdie goeie dinge.

Maar waarvan ek die meeste hou, is om te speel, speel, speel!

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Mooi so, Zama!
Author - Michael Oguttu
Translation - Fanie Viljoen, Magdaleen Du Toit
Illustration - Vusi Malindi
Language - Afrikaans
Level - First sentences