Straf
Adelheid Marie Bwire
Melany Pietersen

Op 'n dag het Mamma verskillende soorte vrugte gekoop.

1

"Wanneer kan ons van die vrugte eet?" vra ons.

"Ons sal vanaand die vrugte eet," sê Mamma.

2

My broer Rahim is gulsig.

Hy proe aan al die vrugte. Hy eet 'n klomp daarvan op.

3

"Kyk wat het Rahim gedoen!" skree my klein boetie.

"Rahim is stout en selfsugtig," sê ek.

4

Mamma is baie kwaad vir Rahim.

5

Ons is ook kwaad vir Rahim.

Maar Rahim is nie jammer nie.

6

"Gaan Mamma vir Rahim straf?" vra my klein boetie.

7

"Rahim, jy gaan binnekort baie jammer wees," waarsku Mamma.

8

Rahim begin siek voel.

9

"My maag pyn," fluister Rahim.

10

Mamma weet hoekom Rahim siek voel.

Die vrugte straf vir Rahim, dink Mamma.

11

Later sê Rahim vir ons hy is jammer. "Ek sal nooit weer so gulsig wees nie," belowe hy.

Ons glo hom.

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Straf
Author - Adelheid Marie Bwire
Translation - Fanie Viljoen, Magdaleen Du Toit
Illustration - Melany Pietersen
Language - Afrikaans
Level - First sentences