Muskietejag
Ursula Nafula
Magriet Brink

Klop, klop!

1

"Wie's daar?" vra ek deur die slaap.

2

"Dis ek!" sê 'n skril stemmetjie.

3

"Wie is 'ek'?" vra ek.

4

"Ek het jou mos gesê, dis n-e-t ek," sê dieselfde stem.

5

"Ek ken niemand met die naam 'n-e-t e-k' nie," antwoord ek.
Ek maak seker dat my muskietenet mooi om my bed is.

6

"Wel, my naam is Mus." Die stem klink nog meer skril as van te vore. Dit is ook baie naby my oor...

7

"Mus wie?" vra ek terwyl ek onder die net kyk.

8

"Mus Kiet!" sê die stem uiteindelik. Ek voel 'n steek op my oor.

9

"Eina!" Ek spring op en begin soek. "Hiervoor sal jy betaal!" skree ek.

10

Woedend klim ek uit my bed uit en gaan sit die lig aan.

11

Hiermee verklaar ek oorlog teen Mus Kiet!

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Muskietejag
Author - Ursula Nafula
Translation - Meryke Barkley
Illustration - Magriet Brink
Language - Afrikaans
Level - First sentences