Emosies kom en gaan
Mimi Werna
Joe Werna

Aisha giggel lekker. Sy het 'n snaakse storie gehoor.
Sy glimlag.
Hoe voel Aisha?

1

Isah voel knorrig.
Hy het 'n frons op sy gesig.
Hoekom voel hy so knorrig?

2

Yuadoo is bang vir die donker.
Ons almal voel een of ander tyd 'n bietjie bang.
Maar Yuadoo kan vir hulp vra.

3

Chidubem voel bekommerd oor sy skoolwerk.
Hy kan vir sy juffrou sê!
Hy kan haar vra om hom te help.

4

Lushan is sommer laf.
Dis lekker om soms laf te wees.

5

Eruro voel hartseer.
Ons mag maar huil.
Emosies kom en gaan.

6

Ayator borrel van geluk.
Hy is baie gelukkig.
Emosies kom en gaan.

7

Hadiza is verveeld.
Sy moet iets kry om haar mee besig te hou.

8

Ayo is kwaad.
Hy voel gefrustreed.
Dis soms moeilik om kwaad te voel.

9

Labake is opgewonde.
Waaroor kan sy so opgewonde voel?
Mamma het haar gunsteling kos gemaak.

10

Zege voel slaperig.
Hy is baie moeg.
"Maar wag, is 'slaperig' 'n emosie?" vra Efe.

11

Efe voel verward!
Kan jy sy vraag beantwoord?

12

Tega voel verbaas en geskok.
Hy het skinderstories gehoor.
Is dit waar?

13

Yebo is siek.
Sy voel misluk.
Sy benodig medisyne en rus om beter te voel.

14

Sekyen voel rustig.

Sy is klaar met al haar takies.

Nou kan sy gaan speel.

15

Bello het vandag geen takies om te doen nie.
Hy wys duime op vir Sekyen.
"Kom ons gaan speel!" sê hy.

16
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Emosies kom en gaan
Author - Mimi Werna
Translation - Meryke Barkley
Illustration - Joe Werna
Language - Afrikaans
Level - First sentences