Ek luister na my lyfie
Noni
Angie and Upesh

Vandag gaan ek nie skool toe nie.
Dis vakansie!

1

Vandag gaan ek nie televisie kyk nie!

2

Mmm... Maar wat gaan ek vandag doen?

Vandag gaan ek na my lyfie luister!

3

As ek baie stil is, sal ek kan hoor wat my lyfie vir my sê.

4

Ja, nou kan ek my asemhaling hoor!

In en uit, in en uit.

5

Ek kan my asem uitblaas.
Pheeeeeew!
En dan sagter.
Pheeeeeew!

6

Nou kan ek my hart hoor klop.

Doodom, doodom, doodom.

7

Ek wonder of ek my hart vinniger en harder kan laat klop?

Ja, as ek twintig keer op en af spring!

8

Kyk!

My hart klop nou baie vinniger!

9

Ek kan my pols voel as ek my vingers op my gewrig sit!!

10

Ek kan myself hoor lag.

Haha, haha, haah, haaa!

11

Ek kan myself hoor huil.

Boohoooo hoooo!

12

Ek kan myself hoor hande klap.

Klap, klap, klap.

13

Ek kan my magie hoor grom.

Grommmm, grommmm, grommmm.

14

My magie sê "Gee vir my kos!"

15

Mmm... Mamma bak 'n koek in die kombuis. Ek kan dit met my neusie ruik.

Nou wil ek graag hoor hoe my mondjie lekker aan daardie koek kou!

16
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Ek luister na my lyfie
Author - Noni
Translation - Meryke Barkley
Illustration - Angie and Upesh
Language - Afrikaans
Level - First sentences