Eet al die kleure!
Mimi Werna
Pixabay Website

Het jy geweet: as jy vrugte eet, dan eet jy kleure?

1

Watter kleur is 'n appel?

Eet al die soorte appels.

Eet groen, rooi, geel en pienk appels!

2

Watter kleur is 'n klapper?

Eet elke soort klapper.

Eet vars klapper en gedroogde klapper.

3

Watter vrugte is oranje?

Wanneer is 'n lemoen groen?

4

'n Waatlemoen is pienk.

Pienk vrugte is my gunsteling!

'n Mens eet kleure wanneer jy vrugte eet.

5

'n Avokado is 'n vrug met net een groot saad of pit.

Watter kleur eet jy wanneer jy 'n avokado eet?

6

Vrugte groei uit blomme aan plante.

Vrugte het sade.

Watter vrugte eet jy die graagste?

7

Watter kleure is hierdie soetrissies?

Alle soorte rissies is vrugte.

Vrugte verskil van groente.

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Eet al die kleure!
Author - Mimi Werna
Translation - Magdaleen Du Toit
Illustration - Pixabay Website
Language - Afrikaans
Level - First sentences