'n Tuin in die Kongo
Christelle X
Christelle X

Hierdie huis is in die Kongo.

Ek het baie van hierdie huis gehou.

1

Ons het ons eie badkamer gehad.

Ons het ons eie toilet gehad.

2

Ons het 'n tuin gehad.

Ek het self in my eie tuin geplant.

3

Mamma het vir my gesê: "Ouma het my geleer om te plant. Nou leer ek weer vir jou."

4

Ek het tamaties en spinasie geplant.

Ek het dit self gedoen.

5

Dan neem ek die tamaties vir Mamma.

En Mamma sê: "Dankie."

6

Ons het nie 'n tuin hier in Suid-Afrika nie.

7

Ons het weggetrek uit daardie huis in die Kongo.

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
'n Tuin in die Kongo
Author - Christelle X
Translation - Magdaleen Du Toit
Illustration - Christelle X
Language - Afrikaans
Level - First sentences