Is Daar Nog Iemand Soos Ek?
Fred Strydom
Jess Jardim-Wedepohl

Ek wonder of daar 'n ander ek iewers in die wêreld is.

Iemand wat soos ek lyk. Iemand wat soos ek klink. Iemand wat net soos ek dink.

Iemand wat wonder of daar nog iemand net soos hulle is!

1

Wat net soos ek lyk en ook gereeld vir hulself in die water kyk.

2

Wat dieselfde klink en oor die kranse skreeu tot hul balkgeluide in die afgrond weg sink.

3

Iemand wie se stertjie nes myne krul en penreguit skiet as hul skrik vir Leeu se brul.

4

Iemand met twee groot groen oë en twee lang ore.

5

Iemand wat selfs my sin van humor het en net soos ek lag.

6

Iemand wat kan doen wat ek kan doen.

Hardloop en spring en sing en speel.

In elke seisoen!

7

Dalk sukkel hulle ook met die dinge waarmee ek sukkel.

Soos vlinderslag swem en piesangs skil.

8

Ek het oral gekyk en gekyk om nog 'n ek te kry.

Ek het na die park gegaan en agter die bome gekyk.

Ek het onder die klippe gekyk.

Ek het selfs my kop in die water gedruk.

9

Ek het rondgekyk, op en af, heen en weer.

Ek het na elke stem en lag geluister.

Ek het almal se bewegings dopgehou.

10

Ek het gaan kyk wie kan hardloop en spring en sing en speel.

11

Maar nêrens, in geen ander plek kon ek 'n ander ek kry nie.

12

Daar's net een ek in die wêreld! Ek's spesiaal, so waar uniek!

13

Maar nie net ek nie, weet jy? Daar's ook net een soos jy!

14
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Is Daar Nog Iemand Soos Ek?
Author - Fred Strydom
Adaptation - Yone du Plessis
Illustration - Jess Jardim-Wedepohl
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs