Avonture deur Suid-Afrika
Chantel Botha
Chantel Botha

Chanri en Boipelo gaan op 'n avontuur deur Suid-Afrika.

Hulle begin in Kimberley, Noord-Kaap.

In Kimberley ontdek hulle die Groot Gat.

1

Tjoeke paf, toet-toet, ry hulle deur die Vrysaat.

Die twee maats bewonder Bloemfontein se pragtige rose.

2

Tjoeke paf, toet-toet, reis hulle na Kaapstad in die Wes-Kaap.

Chanri en Boipelo pluk heerlike druiwe op die plaas.

3

Oppad na Mahikeng, in die Noordwes, ontmoet hulle vir Rina, die renoster.

Die maats is haastig oppad na Polokwane, Limpopo.

4

Tjoeke paf, toet-toet, oppad na Bhisho in die Oos-Kaap.

Die twee maats het baie pret in die Olifantspark.

5

Toet-toet! Hulle is laat. Die trein stop nie in Johannesburg, Gauteng nie.

Hulle sien net baie motors en mense in die besige stad.

6

Tjoeke paf, toet-toet reis hulle na Emalahleni, Mpumalanga.

Hulle besoek die steenkool fabriek, wat brandstof voorsien vir hulle trein.

7

Chanri and Boipelo se avontuur eindig in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.

Hulle deel stroopsoet piesangs met hulle maats en gesels oor hulle avontuur deur Suid-Afrika.

Kan jy al die provinsies met hul hoofstede noem?

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Avonture deur Suid-Afrika
Author - Chantel Botha
Translation - Yolanda Buqwini
Illustration - Chantel Botha
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs