Rafiki se styl
Louis Greenberg
Audrey Anderson

Sondag skop Jimmy Zogba die wendoel.

1

Maandag swaai die Koel Kat Ouens verby.

2

"Haai Rafiki, waar's jou zebra-haarstyl?

Jou hare is so plein, dis 'n sjeim."

3

"Haai Rafiki, waar's jou vals tatoe?

Jou vel is so vervelig, ag boe!"

4

"Haai Rafiki, waar's jou bling?

Jou tande is skeef, dis die ding!"

5

Daai dag loop Rafiki stadig huis toe.

6

"Antie, ek wil 'n zebra-haarstyl hê."

"Nee, man. Dis 'n sommer 'n lawwe haarstyl, nê."

7

"My vel is so vervelig, Sisi. Gee vir my 'n vals tatoe."

"Nee man. Jy's oulik genoeg sonder 'n tatoe."

8

"Mkhulu, ek soek 'n bietjie bling."

"Onthou die gesegde my kind: 'Bo blink en onder stink."

9

Die volgende naweek, skop Santi Ramires die wendoel.

10

Daai Maandag swaai die Koel Kat Ouens verby.

"Haai Rafiki, jy lyk koel!"

11

Rafiki grinnik 'hie-hie'.

"Ek lyk soos ek. Dis my styl die."

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Rafiki se styl
Author - Louis Greenberg
Translation - Bangula Lingo Centre cc
Illustration - Audrey Anderson
Language - Afrikaans
Level - First sentences