Is daar nog iemand soos ek?
Fred Strydom
Jess Jardim-Wedepohl

Ek wonder of daar 'n ander ek iewers in die wêreld is.

1

Wat dieselfde lyk.

2

En dieselfde praat.

3

En selfs my krulle het.

4

Iemand met my oë my ore.

5

Wat selfs my lag het.

6

Wat kan doen wat ek kan doen …

7

… en nie kan doen wat ek nie kan doen nie.

8

Ek het oral gekyk en gekyk om nog 'n ek te kry.

Ek het na die park gegaan en agter die bome gekyk.

9

Ek het rondgekyk, op en af …

10

… na elke liewe gesig.

11

Maar nêrens, in geen ander plek kon ek 'n ander ek kry nie.

12

Daar's net een ek in die wêreld! Ek's spesiaal, so waar spesiaal!

13

Maar nie net ek nie, weet jy? Daar's ook net een soos jy!

14
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Is daar nog iemand soos ek?
Author - Fred Strydom
Translation - Bangula Lingo Centre cc
Illustration - Jess Jardim-Wedepohl
Language - Afrikaans
Level - First sentences