Hier is Palesa. Haar naam beteken "blom" in haar taal, Setswana.
Soggens praat Palesa met die lemoenboom. "Lemoenboom, gee asseblief vir ons baie lemoene."
Palesa loop skool toe. Op pad sê sy vir die gras, "Asseblief gras, word groener. Moenie uitdroog nie."
Palesa loop verby veldblomme. "Blomme, baie dankie vir julle helder kleure."
By die skool praat Palesa met die klein boompie. "Boom, kry asseblief groot takke sodat ons in jou skadu kan lees."
Palesa praat met die heining om die skool. "Groei asseblief mooi sterk en hou die boewe uit."
Toe Palesa na skool terug by die huis kom, hardloop sy na die lemoenboom. "Is jou lemoene al ryp?" vra Palesa.
"Die lemoene is nog groen," sug Palesa. "Ek sal jou môre weer sien, lemoenboom," sê sy. "Miskien sal jy dan 'n ryp lemoen vir my hê.