Namu se fiets
Munanga ASb teachers
Wiehan de Jager

Namu en haar broer is gereed vir skool.

1

Namu en haar broer ry saam op haar fiets.

2

Hulle vriende juig toe hulle by die skool inry.

3

Terwyl hulle in die klas is, kom ’n apie by die skoolhek in.

Die apie ry met Namu se fiets weg!

4

Die kinders jaag die apie.

5

Die apie spring af en los die fiets onder ’n boom.

6

Die apie swem na ’n eiland in die middel van die meer. Hy klim hoog in 'n boom in.

7

Die apie waai totsiens!

Die kinders waai terug.

Namu het weer haar fiets terug.

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Namu se fiets
Author - Munanga ASb teachers
Translation - Fanie Viljoen
Illustration - Wiehan de Jager
Language - Afrikaans
Level - First sentences