Die wildwagter en sy spesiale reservaat
Ursula Nafula
Magriet Brink

Hierdie is die storie van 'n wildwagter en sy reservaat vir weesdiere.

1

Verlede maand was 'n besige tyd by die reservaat.

Die eenjarige Nomsa het eerste aangekom. Sy was maer en hartseer.

2

Maar Nomsa het gou sterk geword.

Sy het met die ander diere begin speel.

3

Op 'n ander dag het 'n helikopter by die reservaat geland.

4

In die helikopter was 'n klein olifantjie.

Hy het onder 'n groot kombers gelê.

5

Die olifantjie se naam was Ndiwa.

Hy was vyf dae oud. Die wildwagter het Ndiwa met 'n bottel gevoer.

6

Een aand het die aankoms van Ambia almal wakker gemaak.

7

Ambia was vyf maande oud.

Sy was swak na haar lang reis.

8

Omdat Ambia se nek so lank was, het die wildwagter in 'n boom geklim om haar te voer.

9

Die laaste wesies wat daardie maand opgedaag het, was die honger welpies: Kopi, Kepi en Keji.

10

Die wildwagter en sy helpers is baie lief vir al die diere.

Ook vir die stoutes!

11

Die mense by die reservaat werk hard.

Hulle hoop die wesies kan eendag vir hulleself sorg.

Die diere kan dan terugkeer na die veld.

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die wildwagter en sy spesiale reservaat
Author - Ursula Nafula, Nina Orange
Translation - Fanie Viljoen
Illustration - Magriet Brink
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs