Vakansies by ouma
Violet Otieno
Catherine Groenewald

Odongo en Apiyo woon in die stad by hulle pa.

Hulle sien uit na die vakansie. Nie net omdat die skool sluit nie, maar omdat hulle weer by hulle ouma gaan kuier.

Sy bly in 'n vissersdorpie naby 'n groot meer.

1

Odongo en Apiyo is opgewonde omdat dit weer tyd is om by haar te gaan kuier.

Die aand voor hulle vertrek, pak hulle hul tasse en maak gereed vir die reis na die dorpie.

Hulle kan nie slaap nie en praat die hele nag oor die vakansie.

2

Vroeg die volgende oggend vertrek hulle in hul pa se kar.

Hulle ry verby berge, wilde diere en teeplantasies. Hulle tel karre en sing liedjies.

3

Na 'n ruk is die kinders moeg en raak aan die slaap.

4

Pa maak vir Odongo en Apiyo wakker toe hulle in die dorpie aankom.

Hulle kry hul ouma waar sy op 'n mat onder 'n boom rus. Ouma se naam beteken "dogter van die mense". Sy is 'n sterk en mooi vrou.

5

Ouma verwelkom hulle en dans in die kamer rond van blydskap.

Haar kleinkinders is angstig om die geskenke wat hulle saamgebring het vir haar te gee.

"Maak my geskenk eerste oop," sê Odongo.

"Nee, my geskenk eerste!" sê Apiyo.

6

Nadat Ouma die geskenke oopgemaak het, seën sy haar kleinkinders op die tradisionele manier.

7

Daarna gaan speel Odongo en Apiyo buite.

Hulle jaag skoenlappers en voëls.

8

Hulle klim bome en swem in die meer.

9

Toe dit donker word, gaan hulle terug huis toe vir aandete.

Voordat hulle nog kan klaar eet, raak hulle aan die slaap!

10

Die volgende dag ry die kinders se pa terug stad toe. Hy los die kinders by Ouma.

11

Odongo en Apiyo help hulle ouma met huiswerk.

Hulle gaan haal water en vuurmaakhout. Hulle gaan haal eiers uit by die hoenders en pluk groente in die tuin.

12

Ouma leer haar kinders hoe om sagte deegkoekies te maak wat 'n mens saam met bredie eet.

Sy wys hulle hoe om kokosneut rys saam met vis te eet.

13

Een oggend neem Odongo sy ouma se koeie na die weiveld. Hulle hardloop na die buurman se plaas toe.

Die boer is baie kwaad vir Odongo. Hy dreig om die koeie vir homself te hou omdat hulle sy oes eet.

Na daardie dag maak die seun seker dat die koeie nie weer in die moeilikheid kom nie.

14

Op 'n ander dag gaan die kinders saam met hul ouma na die mark toe. Sy het 'n stalletjie waar sy groente, suiker en seep verkoop.

Apiyo vertel graag vir die kliënte wat die artikels kos.

Odongo verpak dan die goed wat die mense koop.

15

Teen die einde van die dag drink hulle saam tee.

Hulle help hul ouma om die geld wat sy verdien het te tel.

16

Maar gou is die vakansie verby en die kinders moet teruggaan stad toe.

Ouma gee vir Odongo 'n keps en vir Apiyo 'n trui. Sy pak kos vir die reis.

17

Toe hul pa hulle kom haal, wil hulle nie weggaan nie. Die kinders smeek vir Ouma om saam stad toe te gaan.

Sy glimlag net en sê, "Ek is te oud vir die stad. Ek sal vir julle wag totdat julle weer in my dorpie kom kuier."

18

Odongo en Apiyo gee haar 'n stywe drukkie en sê totsiens.

19

Terug by die skool vertel Odongo en Apiyo vir al hulle vriende van die lewe in die dorpie.

Party kinders dink die lewe in die stad is goed. Ander dink die lewe in die dorpie is beter.

Maar almal stem saam dat Odongo en Apiyo 'n wonderlike ouma het!

20
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Vakansies by ouma
Author - Violet Otieno
Translation - Fanie Viljoen
Illustration - Catherine Groenewald
Language - Afrikaans
Level - Longer paragraphs