Hoe Mier vir Duif red
Kholeka Mabeta
Wiehan de Jager

Dit is 'n warm somersdag in die droë woud.

1

Klein Mier het vir dae lank geen water gehad nie.

2

"Ek het 'n druppel water nodig. Selfs al val dit net van 'n blaar af," huil Klein Mier.

3

Maar selfs die dou het opgedroog.

4

"As ek nie water kry nie, sal ek doodgaan," huil Klein Mier.

"Ek het gehoor van 'n rivier. Ek moet dalk soontoe gaan."

5

"Die rivier is vol en baie sterk. Dit sal jou wegspoel," waarsku 'n slim eekhoring.

6

Maar Klein Mier is baie dors. "Ek sal doodgaan as ek nie 'n bietjie water drink nie."

Hy gaan soek toe na die rivier.

7

8

Hy loop verby polle gras en oor droë takke.

9

Hy loop totdat hy water hoor plons.

Dit is die rivier!

Hy kan golwe hoor.

10

Klein Mier drink 'n groot sluk water.

11

Hy is so bly dat hy glad nie 'n golf sien aankom nie.

12

Klein Mier probeer vasgryp aan die drywende gras wat verbykom.

Maar die water spoel hom weg.

13

"Iemand help my. Help my, asseblief!" roep hy.

14

"Klim vinnig op," sê Wit Duif.

Sy hou ’n takkie in haar bek uit na hom.

15

16

"Ek sal hier bly totdat ek die duif kan bedank," besluit Klein Mier.

"Ek sal wag totdat sy terugkom vir 'n slukkie water."

17

Eendag, terwyl hy wag, kom twee seuns na die rivier toe. Elkeen het 'n kettie.

18

"'n Groot wit duif kom drink altyd by die rivier water," sê die een seun. "Vanaand is dit ons aandete."

19

20

"Ek kan nie toelaat dat die seuns vir Wit Duif doodmaak nie," dink Klein Mier. "Maar ek is so klein, wat kan ek doen?"

21

Net toe vlieg Wit Duif uit die boom om water te gaan drink.

22

23

Klein Mier kry ’n plan.

24

Hy spring bo-op een van die seun se voete.

Klein Mier byt die seun so hard as wat hy kan.

25

Die seun spring in die lug op en skreeu, "Eina!"

26

Wit Duif skrik so groot dat sy wegvlieg.

27

So bedank Klein Mier vir Wit Duif omdat sy sy lewe gered het.

28
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Hoe Mier vir Duif red
Author - Kholeka Mabeta, Judith Baker
Translation - Fanie Viljoen
Illustration - Wiehan de Jager
Language - Afrikaans
Level - First sentences