Nuuskierige baba olifant
Judith Baker
Wiehan de Jager

Almal weet 'n olifant het 'n baie lang neus.

1

Maar lank gelede was die olifant se neus kort en dik.

Dit was soos 'n skoen in die middel van sy gesig.

2

Eendag is 'n baba olifantjie gebore.

Sy was vreeslik nuuskierig.

Sy het 'n vraag vir elke dier gehad.

3

Sy was nuuskierig oor Kameelperd.

"Hoekom het jy so 'n lang nek?" het sy gevra.

4

Sy was nuuskierig oor Renoster.

"Hoekom het jou horing so 'n skerp punt?" het sy gevra.

5

Sy was nuuskierig oor Seekoei.

"Hoekom het jy rooi oë?" het sy gevra.

6

En sy was BAIE nuuskierig oor Krokodil.

"Wat eet 'n krokodil vir aandete?" het sy gevra.

7

"Moet nooit daardie vraag vra nie!" het haar ma gesê.

Fronsend het sy toe weggeloop.

8

Vinnig het Kraai na die baba olifant afgevlieg.

"Volg my na die rivier toe. Daar sal jy sien wat Krokodil vir aandete eet," het Kraai gekras.

9

Die baba olifant volg toe vir Kraai af na die rivier.

10

Sy het deur die riete gedruk en op die wal gaan staan.

Sy het na die water geloer.

Waar was Krokodil?

11

"Hallo," het 'n klip naby die rivierwal gesê.

"Hallo," het Baba Olifant geantwoord. "Kan jy my vertel wat Krokodil vir aandete eet?" het sy gevra.

12

"Buk 'n bietjie laer, dan vertel ek jou," het die klip geantwoord. "Laer, laer," het die klip weer gesê.

Baba Olifant buk toe al laer en laer.

13

Met 'n skielike KLAP! vang Krokodil Baba Olifant se neus in sy kake vas.

"Krokodil sal jou vir aandete eet!" het Kraai gekras en weggevlieg.

14

Baba Olifant het op haar sterk agterpote gaan sit en getrek.

Sy het getrek en getrek. Maar Krokodil het nie haar neus laat los nie.

15

Baba Olifant se neus het al langer en langer en langer gerek.

Toe KABOEMS! val sy op haar rug.

16

Krokodil het in die water weggesak.

Hy was kwaad omdat hy sy aandete verloor het.

17

Baba Olifant het na haar neus gekyk.

Dit was lank uitgerek.

Sy kon nie eens die punt sien nie!

18

Haar neus was so lank dat sy vrugte van die hoogste boomtakke kon afpluk.

19

Haar neus was so lank dat sy water op haar rug kon spuit.

Van daardie dag af het alle olifante nuttige, lang slurpe gehad.

20
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Nuuskierige baba olifant
Author - Judith Baker, Lorato Trok
Translation - Fanie Viljoen
Illustration - Wiehan de Jager
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs