Groot blou bus
Mecelin Kakoro
Mango Tree

Daar is net een bus in Ebei se dorpie.

Dit is groot en blou. Dit raas baie.

1

Eendag sê Ebei se ma, "Môre gaan ons stad toe om jou skoolklere te koop."

2

Ebei is baie bly. Hulle sal met die groot blou bus ry.

Daardie aand kan hy glad nie slaap nie.

3

Ebei is alreeds aangetrek toe sy ma hom kom wakker maak.

4

Ebei en sy ma stap na die bushalte. Hulle wag vir die groot blou bus.

Maar die bus kom nie.

5

Ander mense kom wag ook by die bushalte.

Hulle kla omdat die bus laat is. "Het die bus sonder ons vertrek?" vra hulle.

6

Ebei is bekommerd.

"Ons sal nie stad toe kan gaan nie. Ek sal nie my skoolklere kry nie," dink hy.

7

Party mense gee moed op en gaan huis toe. Maar Ebei huil. Hy wil nie teruggaan nie. Sy ma troos hom.

"Ons sal 'n rukkie langer wag," sê sy.

8

Skielik hoor hulle 'n geraas. Hulle sien stof in die lug.

Die bus is op pad!

9

Maar die bus is nie blou nie. Dit is nie groot nie. Die bus is rooi en klein.

Die wagtende mense kyk na die bus. Hulle klim nie in nie.

10

"Klim in! Klim in!" roep die bestuurder.

"Ons is vandag baie laat," sê hy.

11

Ebei en sy ma klim eerste in.

Gou klim die ander mense ook in die klein, rooi bus.

12

Ebei kyk deur die venster na buite. Hy sien nog mense by die bushalte.

13

Selfs nog meer mense hardloop nader om die bus te haal. Maar hulle is te laat. Die bus is vol.

Die rooi bus vertrek stad toe.

14

"Waar is die groot blou bus?" vra Ebei se ma.

"Dit het gebreek," antwoord die bestuurder. "Ons maak dit reg. Dit sal môre weer kom," voeg hy by.

15

Ebei gee nie om watter kleur die bus is nie. Hy gee nie om hoe groot die bus is nie.

Hy is net bly, want hierdie bus gaan stad toe.

16
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Groot blou bus
Author - Mecelin Kakoro
Translation - Fanie Viljoen
Illustration - Mango Tree
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs