Hen kul vir Arend
Nathan Higenyi
Rob Owen

Lank, lank gelede, was Arend en Hen beste maats.

Op 'n dag, het Arend vir Hen onder 'n boom sien rus met 'n sak vol kruideniersware.

Hen het op een poot gestaan.

1

Arend vra vir Hen, "Hoekom staan jy op een poot? Wat het met jou ander poot gebeur?"

2

Hen antwoord, "Die winkelier het al hierdie kruideniersware vir my gegee in ruil vir my poot."

3

Arend wou ook 'n sak vol kruideniersware kry en vra vir Hen of sy dink die winkelier dieselfde vir hom sal doen.

Hen antwoord, "Ek is seker die winkelier sal dit ook vir jou doen."

4

Arend gaan toe na die winkelier en vra haar om sy een poot af te kap in ruil vir 'n sak kruideniersware.

Die winkelier stem in.

5

Arme Arend hop al die pad huis toe op sy een poot.

Hy was baie tevrede met al die kruideniersware wat hy gekry het in ruil vir sy poot.

6

Toe Arend by die huis kom, sien hy dat Hen weer op altwee haar pote staan!

Hy besef dat Hen hom gekul het.

7

Arend was woedend en jaag toe vir Hen, maar hy kon haar nie vang nie.

Dus jag Arend nou nog Hen se kuikentjies.

As hy enetjie vang, eet hy dit op.

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Hen kul vir Arend
Author - Nathan Higenyi
Translation - Albi-Marie Coetzee, Cara Schutte
Illustration - Rob Owen
Language - Afrikaans
Level - Longer paragraphs