Neymar se besoek aan Afrika
Benard Agasi
Benard Agasi

Neymar kom aan in die hoofstad van Nigerië.

Die Nigeriërs vra hom om te demonstreer hoe hy die bal met die middelvoet aangee.

1

Van Nigerië vertrek hy na Ghana, waar hy demonstreer hoe om die bal met die binnekant van die voet aan te gee.

Dit maak al die mense in Ghana baie opgewonde.

2

Terwyl Neymar in Ghana is, ontvang hy 'n uitnodiging van Suid-Afrika om te demonstreer hoe hy die bal met die voorkant van die voet vang.

3

Van Suid-Afrika vertrek hy na Tsjad.

In Tsjad demonstreer hy hoe hy die bal met die kant van sy voet vang.

4

Toe Neymar in die Demokratiese Republiek van die Kongo kom, het hy die land verstom met sy vaardigheid om die bal met die dy te vang.

5

Die Ugandese wat Neymar in die Kongo dopgehou het, besluit om hom te nooi om te demonstreer hoe hy keer.

6

Dié nuus versprei oor die hele Oos-Afrika.

Die Keniane verwelkom Neymar om te kom demonstreer hoe hy sy vuiste gebruik om die bal uit die doelhok te hou.

7

In dieselfde week versoek die Tanzaniërs Neymar om 'n kopstoot te demonstreer.

8

Daarna vertrek Neymar na Rwanda om te demonstreer hoe om die bal met die buitekant van die voet aan te gee.

9

Ná Rwanda sluit Neymar sy Afrika-reis af in Suid-Soedan, waar hy die vaardigheid van ʼn kortskoppie as doelwagter demonstreer.

10
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Neymar se besoek aan Afrika
Author - Benard Agasi
Translation - Annerijke Claassen
Illustration - Benard Agasi
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs