Khayanga En Haar Spesiale Pot
Ursula Nafula
Catherine Groenewald

Khayanga het baie gelukkig saam met haar ouers gebly, tot op die ouderdom van tien toe hulle oorlede is.

1

Khayanga was ingeneem deur Rosa, ʼn verlangse familielid. Rosa was baie goed vir Khayanga maar sy was oud, swak en arm.

2

Khayanga het gereeld haar ouers se grafte gaan besoek en hulle vertel van haar swaarkry.

3

Eendag, toe sy weer na haar ouers se grafte toe gaan, het sy ’n geskenk ontvang. ’n Spesiale pot het uit haar ouers se grafte verskyn.

4

Die pot het ʼn baie mooi en rustige liedjie gesing. Khayanga het die stem herken, dit was haar oorlede ma se stem. Die liedjie het so gegaan.

5

Khayanga, ee, Khayanga! Ons kind, die geliefde een! Jy is nie alleen nie, geliefde een! Vat hierdie spesiale pot, geliefde een! Vat dit orals saam waar jy gaan, geliefde een! Laat dit jou troos, ons geliefde kind!

6

Khayanga het haar spesiale pot orals saam met haar gedra. Met die spesiale pot het Khayanga die teenwoordigheid en beskerming van haar ouers gevoel.

7

Eendag het iets vreesliks met haar spesiale pot gebeur. Die pot het gebreek toe sy water by die rivier gaan haal het. Khayanga se hart het ook gebreek.

8

Khayanga het die stukkies van die gebreekte pot in haar klein handjies vasgehou en gesing:

9

Mamma en Pappa, kyk, die spesiale pot het gebreek. Die spesiale pot wat julle vir my gegee het. Wat moet ek nou doen, Mamma en Pappa? Gee asseblief vir my ’n teken dat julle nog steeds by my is.

10

Khayanga het haar ma se stem gehoor wat vir haar sê: "Ons kind, tel die stukkies wat oor is op, gaan haal water met hulle en was jou voete. Wanneer jy klaar gewas het, maak jou oë toe." Khayanga het haar gehoorsaam en ewe skielik het die gebreekte pot weer heel geword.

11

Khayanga het die spesiale pot nogsteeds orals heen gedra. Orals waar sy gekom het, het mense vir mekaar gefluister, "Watter tipe pot is dit?" Met die spesiale pot het Khayanga alles gekry wat sy nodig gehad het.

12

Met die spesiale pot het Khayanga geweet dat haar ouers van bo af na haar kyk. Niks slegs kon ooit met Khayanga gebeur nie.

13
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Khayanga En Haar Spesiale Pot
Author - Ursula Nafula
Translation - Bianca Faasen
Illustration - Catherine Groenewald
Language - Afrikaans
Level - Longer paragraphs