Hoekom padda so lelik is
Mozambican folktale
Hélder de Paz Alexandre

Baie jare gelede was Akkedis en Padda vriende. Eendag besluit hulle om meisies te gaan soek in die stad.

1

Padda was jaloers op Akkedis se mooi blink en helder vel.

2

Hy vra: "Wat het jy gedoen om so mooi te lyk? Kyk na my, ek is so lelik. Wat kan ek doen omtrent my vel?"

3

Akkedis begin verduidelik: "Luister! Gooi 'n bietjie water in 'n pot en sit dit op die vuur. Dan, volgende...".

4

Maar voordat Akkedis verder kan praat, val Padda hom in die rede en sê: "Toemaar, ek weet alreeds, ek weet. Bly stil, my vriend." En daar gaan hy.

5

Hy kom by die huis en gooi 'n bietjie water in 'n pot.

6

Toe die water begin kook, spring hy in die pot.

7

Sy vel is verbrand en sy stert val af.

8

In plaas daarvan om blink en mooi te wees soos Akkedis, is hy nou selfs nog leliker.

9
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Hoekom padda so lelik is
Author - Mozambican folktale
Translation - Eunice Vermaak
Illustration - Hélder de Paz Alexandre
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs