Jaaka die visserman
Tom Sabwa
Zablon Alex Nguku

Dit is Jaaka, die visserman van Naminja.

1

Hy vang vis op die Nylrivier.

2

Hy het 'n boot, 'n visnet en 'n vishoek.

3

Hy staan elke oggend vroeg op om vis in die Nylrivier te vang.

4

Van 10 uur die oggend af verkoop hy sy vangs op Jinja se mark.

5

Jaaka, wat het gebeur? Het jy iets verloor? Jy is so hartseer.

6

"Dit was 'n baie slegte dag. Ek kon nie visvang nie, want die wind het oor die Nyl gewaai. En een van die visse het met my hoek weggeswem."

7

"Maar ek hoop dit sal môre beter gaan, want ek het 'n nuwe vishoek gekoop."

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Jaaka die visserman
Author - Tom Sabwa, Children’s Development Center at Masese
Translation - Esti Groenewald
Illustration - Zablon Alex Nguku
Language - Afrikaans
Level - First sentences