'n Ernstige ongeluk
Zanele Buthelezi
Rob Owen

Op 'n dag het ek en my boetie langs die pad gestap.

1

'n Groot vragmotor het teen die heuwel afgery.

2

'n Motor het teen die heuwel opgery.

3

Die vragmotor bestuurder het op sy selfoon gepraat.

Hy het nie gekyk waar hy ry nie.

4

Die vragmotor het met die motor gebots.

5

Die ambulans en polisie het gekom om te help.

6

Daar was twee insleepvoertuie.

Een insleepvoertuig het die vragmotor gesleep, en die ander die motor.

7

Ons het alles gesien. 

Ons was erg geskok.

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
'n Ernstige ongeluk
Author - Zanele Buthelezi, Thembani Dladla, Clare Verbeek
Translation - Juane Van Jaarsveld
Illustration - Rob Owen
Language - Afrikaans
Level - First sentences