Die rot
Nambi Sseppuuya Community Resource Centre
Zablon Alex Nguku

Eens op 'n tyd was daar twee rotte. Een rot het in die bos gewoon.

1

Die ander rot het in 'n huis gewoon.

2

Eendag sê die rot wat in die huis woon vir die rot wat in die bos woon: "Jy eet sleg, jy slaap sleg, en dit reën op jou."

3

"Maar ek, ek slaap in die huis van 'n ryk man. Ek eet baie soorte lekker kos. Jy moet eendag by my kom kuier en kom kyk waarvan ek praat," sê die huisrot. "Ek sal vanaand kom," sê die bosrot.

4

Intussen is die eienaar van die huis woedend. Hy skel op die rotte. "Hierdie rotte wat my kos eet! Ek gaan hulle 'n ding wys!" Hy besluit om 'n strik met suiker te stel.

5

Die rotte stap in die huis in, reg om aan die lekker kos te smul. Hulle lag ewe parmantig: "Tsjoetsjoe-tsjietsjie-tsjêtsjê!"

6

Toe hulle die strik sien, sê die huisrot: "Laat ek die suiker proe. Sien jy die smulgoed wat ons hier eet!"

7

Maar voor die huisrot die suiker kan eet, klap die strik toe met 'n harde PA! Die rot se kop is vas in die strik en sy oë peul uit sy kop.

8

Die bosrot skrik hom lam. "E-heee, my vriend! Watter kos het jy geëet wat jou oë so laat uitpeul?"

9

Maar die huisrot kon nie antwoord nie.

10

Die bosrot het vinnig uit die huis gehardloop en gedink: "Ek wil nooit weer dié soort kos sien nie."

11

Al is jou huis klein en bouvallig, dit is beter as enigiets wat aan jou buurman behoort.

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die rot
Author - Nambi Sseppuuya Community Resource Centre
Translation - Cornelius Wambi Gulere
Illustration - Zablon Alex Nguku
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs