Leeu soek ʼn vriend
Joachim Muhindo
Marleen Visser

Eendag, lank, lank gelede, het 'n leeu uit die bos gestap gekom.

Hy wou graag 'n mens as 'n vriend hê.

1

So het die leeu en die man vriende geraak.

2

Hulle het saam geëet en hulle vleis met mekaar gedeel.

Die leeu het gesien die man is baie lief vir vleis.

Die leeu was bang dat die man hom gaan doodmaak.

3

Die leeu het gedink: Miskien gaan die man my doodsteek met sy spies.

Die man was weer bang die leeu gaan hom opvreet terwyl hy slaap.

4

Een nag droom die man dat die leeu nadersluip om hom op te vreet.

5

Die man gryp sy spies en skreeu: "As jy my wil opvreet, gaan ek jou doodsteek."

Die leeu word wakker en hardloop uit die hut. "Ek het geweet die man gaan my eendag doodmaak."

6

Van daardie dag af is die leeu en die man nie meer vriende nie.

Die leeu sal 'n mens doodmaak as hy een kry.

En die mens sal 'n leeu doodmaak as hy die kans kry.

7

Dit is waarom daar gesê word: "As iemand jou vriend wil wees, moet jy eers die persoon se karakter leer ken. Jy moet weet of julle in vrede kan saamleef."

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Leeu soek ʼn vriend
Author - Joachim Muhindo
Translation - Jaime-Lee Wentzel
Illustration - Marleen Visser
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs