Die bees met een horing
Sebongile Daniel
Marion Drew

Sjoe! Daar is 'n pragtige bees by die huis.

1

Hy het nie 'n stert nie en het net een horing. Dit lyk so mooi.

2

Hy is vet en het 'n groot maag.

3

Dié bees is die sterkste van al die beeste.

4

Die beeswagter is baie lief vir hom. Hy het die bees geleer om net na sy stem te luister.

5

Wanneer die trop in die veld gaan wei, wei die bees alleen.

6

Die bees is 'n baie goeie vegter, daarom los die ander beeste hom uit.

7

Mense weet van dié bees.

Hulle is bang vir hom omdat hy met sy een horing kan baklei.

Wat sal jy doen as jy in so 'n bees moet vasloop?

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die bees met een horing
Author - Sebongile Daniel, Mpho Ntlhanngoe, Khothatso Ranoosi
Adaptation - Carina Labuschagne
Illustration - Marion Drew
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs