'n Baie lang man
Cornelius Gulere
Catherine Groenewald

Sy skoffel was te kort.

1

Sy deur was te laag.

2

Sy bed was te kort.

3

Sy fiets was te klein.

4

Hierdie man was te lank!

5

Hy het 'n baie lang handvatsel vir sy skoffel gemaak.

6

Hy het 'n baie hoë deurraam gemaak.

7

Hy het 'n baie lang bed gemaak.

8

Hy het 'n baie groot fiets gekoop.

9

Hy het op 'n baie hoë stoel gesit.

Hy het met 'n baie lang vurk geëet.

10

Hy het sy huis verlaat en in 'n groot woud gaan woon.

Hy het nog lank en gelukkig gewoon.

11
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
'n Baie lang man
Author - Cornelius Gulere
Translation - Came le Roux
Illustration - Catherine Groenewald
Language - Afrikaans
Level - First sentences