Die Gevaar Van Verwerping
John Nga'sike
Zablon Alex Nguku

Lank, lank gelede was daar 'n man met die naam Lodipo. Hy het in 'n woestynagtige deel van Kenia gebly. Hy het saam met sy twee vrouens gewoon. Hulle name was Akai en Akitela.

1

Lodipo se eerste vrou, Akai, was lief vir haar skoonmoeder en was al een wat die blinde ou vrou gehelp het.

2

Veediewe het dikwels die dorpie waar Lodipo en sy familie gewoon het aangeval en hulle het onveilig daar gevoel. Eendag het Akitela, die jonger vrou, vir Lodipo gesê, "Kom ons trek na 'n veiliger dorpie."

3

Lodipo het vir Akitela gesê dat hulle dit nie kon oorweeg nie omdat hulle nie sy blinde moeder alleen agter kan laat nie. Maar Akitela het aangedring dat hulle moet trek en die ou vrou alleen los. "As jy nie hiervandaan wegtrek nie, sal ek na my ouers toe teruggaan," het Akitela by Lodipo gehuil.

4

Lodipo was baie lief vir Akitela en het op haar wense ingegee. Hulle het begin voorberei om te trek. Die eerste vrou, Akai, het die gebeure met groot onsekerheid dopgehou.

5

Lodipo se blinde moeder het op 'n bokvel onder 'n boom gesit. Sy was onbewus van wat aan die gang was. "Hoe kan ons haar op haar eie los?" het Akai gewonder.

6

Lodipo en sy twee vrouens het al hulle besittings op die kamele gelaai en hulle het stillietjies vertrek sonder om eers totsiens vir die ou vrou te sê. Maar Akai het heel pad gehuil omdat sy hartseer was om haar skoonma alleen te los.

7

Hulle het die ou vrou alleen in die kraal agtergelos. Sy het gehuil en hartseer vir haarself gesing.

8

Kort nadat Lodipo en sy vrouens vertrek het, het veediewe die dorpie aangeval.

9

Die diewe het die ou vrou gevra om hulle te sê waarheen haar seun gegaan het. Hulle het gesê dat hulle agter hom sal aangaan en hom sal doodmaak. Die ou vrou het hulle gesmeek om nie die eerste vrou en hulle kinders dood te maak nie.

10

Sy het hulle ook gevra om die ram terug te bring wat Lodipo saam hom geneem het.

11

Die diewe het vir Lodipo agtervolg en hom gevang net toe hy by sy nuwe woonplek wou intrek. Hulle het hom en sy jong vrou daar doodgemaak.

12

Die eerste vrou, Akai, het die ram geneem en na haar skoonmoeder se huis teruggegaan. Hulle het gelukkig daar saamgewoon.

13
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die Gevaar Van Verwerping
Author - John Nga'sike
Translation - Clarece du Plooy
Illustration - Zablon Alex Nguku
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs