Nanu se taxi
Marion Drew
Marion Drew

Hallo! My naam is Nanu.

Ek wag saam met my ma vir 'n taxi. Ons gaan huis toe.

1

Hier staan ek in die tou. My ma sing vir my 'n liedjie: "Kom meneer Taxi, maak tog gou! Ek en Nanu wag vir jou!"

2

Die vrou langs my vat haar hoenders huis toe.

Hulle gaan vir haar eiers lê om te eet.

3

Hierdie manne kom van die werk af.

Hulle glimlag vir my. Ek hoor hoe hulle sing: "Hei klein Nanu, fyn en fraai, die taxi kom doer om die draai."

4

'n Vrou loop verby. Sy is baie deftig.

Is haar skoene nie mooi nie? Haar hakke sê "klik, klik, klik-klik, klik" wanneer sy loop.

5

Hierdie man verkoop koeldrank.

Ek hou van koeldrank. Dit is so koud en soet. Hou jy van koeldrank?

6

Kyk! Daardie vroue neem hul aandete op hul koppe huis toe. Is hulle nie slim nie?

7

Daardie vrou laat haar hare doen.

Sy gaan vanaand saam met haar vriende uit.

8

Nou is ek moeg. My ma sit my op haar rug waar ek kan rus.

Sy sing: "Asseblief meneer Taxi, jy is laat! Ouma wag al voor ons huis in die straat."

9

Daar is my maatjie Tumi. Hy rus ook. Ons gaan nou-nou by die huis wees.

10

Daar bo vlieg die voëls huis toe. Hulle moet huis toe gaan voor dit donker word.

11

Hierdie vrou het pragtige oorbelle. Ek dink sy het hulle vandag in die dorp gekoop.

Wanneer ek groot is, gaan ek vir my en my ma baie oorbelle koop.

12

My ma word nou moeg.

Ek sing vir haar 'n liedjie: "Asseblief meneer Taxi, kom tog nou! Ons is moeg gewag vir jou!"

13

Wag! Ek hoor die taxi! Hier kom hy!

14

Dit is ons groot rooi taxi. Hy het gekom om my en my ma huis toe te vat. Ek is baie bly!

15

Totsiens!

16
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Nanu se taxi
Author - Marion Drew
Translation - Lara Grealy
Illustration - Marion Drew
Language - Afrikaans
Level - First sentences