Die dansende boerbok
Folktale
José Nhambo

Eendag het 'n boerbok in die veld gaan stap.

Sy het lekker rondgestap, maar toe verdwaal sy.

1

Skielik sien sy 'n wolf!

Die wolf kom nader en nader en hy lyk baie honger.

2

Die boerbok smeek: "Meneer Wolf, ek weet jy wil my eet, maar ek wil graag gelukkig doodgaan."

3

"Wat bedoel jy? Gelukkig doodgaan? Hoe gaan jy dit regkry?" vra die wolf.

4

Die boerbok antwoord: "As ek moet doodgaan, sal ek graag wil doodgaan terwyl ek dans!"

5

Toe vat die wolf sy kitaar, hy gaan sit op ʼn stomp en begin speel.

6

En die boerbok begin dans.

Sy dans en sy dans, maar sy is nog 'n bietjie bekommerd.

7

Daar woon kwaai honde in die omgewing.

Hulle hoor die geraas en kom kyk wat aangaan.

8

Die wolf is baie bang vir honde en skrik groot.

Stert tussen die bene hardloop hy vinnig weg!

9

En die boerbok het aangehou dans, want sy was nou ontslae van die wolf!

10
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die dansende boerbok
Author - Folktale
Translation - Kayla Haarhoff
Illustration - José Nhambo
Language - Afrikaans
Level - First sentences