Krokodil en Bobbejaan
Basilio Gimo
Jeremiah Dube

Bobbejaan en Krokodil is beste maats.

Hulle speel saam. Hulle eet saam. Hulle doen alles saam.

1

Maar op 'n dag word Krokodil baie siek, so siek dat hy amper doodgaan.

Hy gaan na die nyabezi, die dokter. Die nyabezi sê: "As jy gesond wil word, moet jy bobbejaanvleis eet."

2

Toe hy dit hoor, huil Krokodil. Maar hy het geen ander keuse nie; hy sal sy vriend die bobbejaan moet eet.

3

Toe Bobbejaan vir Krokodil kom kuier, laai Krokodil hom op sy rug en swem met hom uit na die diepste deel van die rivier.

4

"Wat pla jou, my vriend?" vra Bobbejaan.

"Die nyabezi het vir my gesê as ek gesond wil word, moet ek jou opeet, my vriend," antwoord Krokodil.

5

Toe antwoord Bobbejaan: "Nee, my vriend. Moenie my eet nie. Ek is te klein. Wag 'n bietjie en ek sal my oupa roep. Hy is groter as ek. Eet hom en jy sal vol wees."

6

"Waar is hierdie oupa van jou?" vra Krokodil.

"Hy's in daardie boom, daar op die eiland," antwoord Bobbejaan.

Krokodil sê: "Gaan haal hom sodat ek hom kan eet."

7

Bobbejaan spring van Krokodil se rug af en klim blitsvinnig in die boom.

Krokodil wag en wag, maar hy sien geen teken van Bobbejaan nie.

En dit was die einde van hulle vriendskap.

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Krokodil en Bobbejaan
Author - Basilio Gimo
Translation - Rachel Lane
Illustration - Jeremiah Dube
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs