Die maan en die keps
Noni
Angie & Upesh

Ons het almal na die kermis toe gegaan.

1

My pa het vir my broer 'n deftige bril gekoop.

My ma het vir my 'n helder blou keps gekoop.

Die baba het spookasem gekry.

2

Op pad huis toe het 'n sterk wind opgesteek.

Die wind het my keps weggewaai.

3

My keps het vasgehak aan 'n tak van 'n groot ou boom.

4

Ek het baie gehuil.

Ek het selfs nie my aandete geëet nie.

5

Later daardie nag het die maan opgekom.

Die maan het na my keps gekyk in die groot ou boom.

6

Die maan het my keps aangesit en geglimlag.

Ek het vir die maan terug geglimlag.

7

Die volgende dag na skool het my ma vir my 'n nuwe helder rooi keps gegee.

Sy het gesê, "Die maan het dit gestuur."

8

Daardie nag het beide die maan en ek ons kepse gedra en geglimlag.

Ons was altwee gelukkig.

9

Dink jy die son het 'n keps nodig?

10

Raai watter keps gaan ek vandag dra!

11
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die maan en die keps
Author - Noni
Translation - Adel van der Watt
Illustration - Angie & Upesh
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs