Bok, Hond en Koei
Fabian Wakholi
Marleen Visser

Bok, Hond en Koei is groot vriende.

Eendag gaan hulle op reis in 'n taxi.

1

Toe hulle by hulle bestemming aankom, vra die bestuurder hulle om hulle reisgeld te betaal.

Koei betaal toe haar geld.

2

Hond betaal 'n bietjie ekstra, want hy het nie die korrekte kleingeld nie.

3

Die bestuurder wou net vir Hond sy kleingeld teruggee, toe Bok weghardloop sonder om enigiets te betaal.

4

Die bestuurder was baie kwaad.

Hy ry weg sonder om vir Hond sy kleingeld terug te gee.

5

Dit is hoekom Hond vandag nog na 'n motor hardloop om binne-in te loer op soek na die bestuurder wat hom sy kleingeld skuld.

6

Bok hardloop weg as sy 'n motor hoor aankom.

Sy is bang sy sal in die tronk beland omdat sy nie haar reisgeld betaal het nie.

7

En Koei gee glad nie om wanneer 'n motor aankom nie.

Koei stap op haar tyd oor die pad, want sy weet sy het haar reisgeld ten volle betaal.

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Bok, Hond en Koei
Author - Fabian Wakholi
Translation - Tristan Mark Ilsley
Illustration - Marleen Visser
Language - Afrikaans
Level - First sentences