Hennetjie en Wurmpie
Winny Asara
Winny Asara

Hennetjie en Wurmpie is vriende. Maar hulle kompeteer altyd teen mekaar. Op 'n dag besluit hulle om sokker te speel om te bepaal wie die beste speler is.

1

Hulle loop saam sokkerveld toe en begin die wedstryd. Hennetjie was vinnig, maar Wurmpie was vinniger. Hennetjie skop ver, maar Wurmpie skop verder. Hennetjie het so groen soos gras van jaloesie geraak.

2

Doelskoppe was die volgende toets. Wurmpie was eers die doelwagter. Hennetjie het slegs een doel geskop. Toe was dit Hennetjie se beurt om die doelpale te verdedig.

3

Wurmpie skop die bal en teken een punt aan. Wurmpie dribbel die bal en teken nog 'n doel aan. Wurmpie speel 'n kopbal en teken nog 'n doel aan. Wurmpie het altesaam vyf doele aangeteken.

4

Hennetjie was woedend dat sy verloor het. Sy is 'n slegte verloorder. Wurmpie begin lag omdat sy vriendin so 'n groot bohaai opskop.

5

Hennetjie was so kwaad dat sy haar bek WYD oopmaak en sluk klein Wurmpie in.

6

Toe Hennetjie rustig huistoe loop, loop sy vir Mevrou Wurm raak. Mevrou Wurm vra bekommerd, "Het jy my kind gesien?" Hennetjie antwoord nie en loop rustig verder.

7

Net toe Hennetjie begin loop hoor Mevrou Wurm 'n klein stemmetjie. "Help my mamma!" huil die stem. Mevrou Wurm kyk soekend rond en luister versigtig. Die stem kom uit Hennetjie se maag.

8

Mevrou Wurm roep met 'n harde stem uit, "Gebruik jou unieke kragte my kind!" Wurms kan 'n slegte reuk hê en kan aaklig smaak. Hennetjie begin naar voel.

9

Hennetjie begin hoes en snak na haar asem. Sy spring op en af.  Wurmpie proe verskriklik sleg.

10

Hennetjie hoes en proes totdat klein Wurmpie weer sy verskyning maak uit Hennetjie se maag. Mevrou Wurm en Wurmpie het so vinnig as wat hulle pootjies hulle kon dra, gehardloop en in 'n boom gaan wegkruip.

11

Van dié dag af is hoenders en wurms nie meer maats nie. Hulle is vyande.

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Hennetjie en Wurmpie
Author - Winny Asara
Translation - Tanja Pouwels
Illustration - Winny Asara
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs