Geen Varke Toegelaat Nie
Basilio Gimo
Little Zebra Books

Jare gelede, het 'n groep diere met horings besluit om 'n groot partytjie, hoog in die berge, te hou. Hulle het slegs diere met horings na die partytjie uitgenooi. Niemand anders is uitgenooi nie.

1

Toe die vark van die partytjie hoor, het hy gedink: Ek het nie horings nie. Wat gaan ek doen, want ek wil na die partytjie toe gaan?

2

Die volgende dag, het hy 'n slim idee gekry. Hy het besluit hy gaan horings aan sy kop vasplak met byewas wat hy van 'n byekorf sal neem!

3

Dit het gewerk en die vark het baie slim gevoel toe hy toegelaat is om by die partytjie aan te sluit. Die probleem was dat die partytjie op ’n berg, naby die son plaasgevind het.

4

Toe die partytjie begin opwarm, het die was begin smelt en die vark se horings het afgeval. Die diere met horings was baie ontsteld! "Wie is dit sonder horings? Hoekom het hy hiernatoe gekom?" het hulle vies gevra.

5

Die koning van die diere beveel toe: “Gryp die vark en gooi hom van die berg af.” Die diere met horings het die vark gegryp en hom van die berg afgegooi.

6

Arme vark! Toe hy val, land hy op sy neus. En sy neus word platgedruk in 'n snoet in.

7

So moenie verbaas wees as jy die vark se plat snoet sien nie, want van daardie dag af het hy 'n snoet vir 'n neus.

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Geen Varke Toegelaat Nie
Author - Basilio Gimo
Translation - Ane Myburgh
Illustration - Little Zebra Books, Laura Libertore
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs