Keke se swaai
Marion Drew
Marion Drew

Keke het op haar swaai gesit. Sy was mal oor haar swaai.

Dit was die beste swaai in die hele skool!

1

Keke het stadig op haar swaai beweeg. Vorentoe en agtertoe. Vorentoe en agtertoe.

Haar swaai beweeg vinniger en vinniger tot sy heel bo was.

2

Keke was bly om so hoog te wees. Sy kon alles van daar bo af sien.

3

Toe Keke af kyk, sien sy die hele dorp. Sy was amper so hoog soos die voëls.

4

Na 'n rukkie wou Keke weer af kom. Maar die swaai wou nie ophou nie.

"O, o, o!" roep sy. "Ek wil ophou swaai!"

5

Die swaai het aangehou en aangehou. Op en af, op en af. Keke was bang.

"Waarheen gaan hierdie swaai? Gaan dit maan toe? Ek moet af kom!" het Keke gehuil.

6

Sy kan nie meer aanhou nie. Sy val af, af, af.

7

"O, o, o!" roep die ander kinders uit. Keke val op die grond en stamp haar kop.

"Eeeeeh, eeeeeh, eeeeeh!" huil Keke.

Die ander kinders was bekommerd oor Keke.

8

Keke het nie geweet wat om te doen nie. "Eeeeh, eeeeh, eeeeeh!" huil sy weer.

Die kinders gaan roep hul juffrou.

"Juffrou Mpho, kom asseblief!" roep hulle. "Keke het van die swaai afgeval. Sy het haar kop seer gemaak."

9

Juffrou Mpho hardloop na die swaai toe. Sy tel vir Keke van die grond af op.

10

Juffrou Mpho soen Keke se kop.

Keke glimlag. "Nou voel ek beter. Ek sal nie weer alleen op daardie swaai gaan nie. Ek wil nooit na die maan toe gaan nie!"

11

"Volgende keer sal ek saam jou op die swaai wees," sê juffrou Mpho. "Ons kan saam na die maan toe gaan."

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Keke se swaai
Author - Marion Drew, Khothatso Ranoosi
Adaptation - Kimberly Lange
Illustration - Marion Drew
Language - Afrikaans
Level - Longer paragraphs