Klein Miertjie is baie lief vir lees. Klein Miertjie word baie geterg.
Miere moenie lees nie. Miere moet eet. Miere moet hul kos versamel, jy weet.
Klein Miertjie lees die heel dag deur, hy lees en lees en lees alweer.
Die ander miere dra kos aan in hul mond en stoor dit vir die winter onder die grond.
Sy pa en ma sê hy maak nie reg, en Klein Miertjie voel regtig sleg.
In die herfs wanneer die bome hul blare verloor, weet die ander miere dis tyd om hul kos te stoor.
Die Koningin sê maak die stoor vol kos, al die miere moet werk en hul speletjies los.
Klein Miertjie sê ek het gelees van 'n plek waar daar altyd kos sal wees.
"'n Restaurant is net die plek, die tafels daar is altyd gedek. Dit sê so in die boeke wat ek lees."
Die miere stap aan een vir een in 'n ry. Hulle loop by die son wat sak verby.
Klein Miertjie is baie bly. "Hier's iets lekkers om te eet!" roep hy.
Die miere stap terug een vir een in 'n ry. Hulle dra 'n worsrolletjie, 'n hoenderboudjie op hul rug.
Terug by die huis is die Koningin tog te bly. Nie een van haar miere gaan honger ly.
Klein Miertjie kry 'n drukkie van sy pa en ma.
Sy klein sussie bewonder hom. Sy weet nou hy's nie lui of dom.
"Ek wil ook slim wees, soos jy, en baie boeke lees!" sê sy.