Ek wonder of daar 'n ander ek iewers in die wêreld is.
Wat dieselfde lyk.
En dieselfde praat.
En selfs my krulle het.
Iemand met my oë my ore.
Wat selfs my lag het.
Wat kan doen wat ek kan doen …
… en nie kan doen wat ek nie kan doen nie.
Ek het oral gekyk en gekyk om nog 'n ek te kry. Ek het na die park gegaan en agter die bome gekyk.
Ek het rondgekyk, op en af …
… na elke liewe gesig.
Maar nêrens, in geen ander plek kon ek 'n ander ek kry nie.
Daar's net een ek in die wêreld! Ek's spesiaal, so waar spesiaal!
Maar nie net ek nie, weet jy? Daar's ook net een soos jy!