Eens op 'n tyd op 'n klein plasie naby 'n klein dorpie...
het daar 'n klein kuikentjie met die naam Daisy gewoon.
"Wanneer ek groot word, wil ek hoog vlieg, hoog in die lug," sê Daisy.
Maar al die ander kuikens lag vir haar.
"Jy's so eienaardig," sê hulle. "Ons gaan nie meer met jou speel nie."
"Daisy, ons kan almal ons vlerke klap, maar dit is baie moelik vir hoenders om te vlieg," sê Mamma vir haar.
Daisy wou nie opgee nie.
Sy oefen elke dag op haar eie en klap haar vlerke. Klap, klap, klap … klap sy haar vlerke maar sy kon nie van die grond af opstyg nie.
Terwyl sy oefen, verbeel sy haar sy vlieg hoog in die lug en kyk na die hoenders op die grond.
Sy verbeel haar sy vlieg by die mossies en by die swaeltjies verby. "Sjoe!" sou die voëls sê. "'n Hoender wat kan vlieg!"
So … klap, klap, klap … klap Daisy haar vlerke elke dag.
Sy kon van die grond af opstyg, maar dan val sy weer elke keer neer.
"Ek sal nooit kan vlieg nie!" huil Daisy by Mamma. "Die ander kuikens is reg."
"Daisy, jy is anders as die ander kuikens. Hulle wil nie vlieg nie maar jy wil! Jy kan dit regkry," sê Mamma.
Die volgende dag klim Daisy na die bokant van die honderhok en klap, klap, klap … klap sy haar vlerke.
Sy vlieg in die lug en klap haar vlerke … en klap haar vlerke … en klap haar vlerke en …
BOEM!
Die ander hoenders lag dat hulle lê. "Ha ha ha! Ons het jou gesê! Hoenders kan nie vlieg nie!"
Maar die volgende dag klim Daisy nog hoër, tot bo-op die rondawel. Klap, klap, klap … klap Daisy haar vlerke.
Sy vlug in die lug in en klap haar vlerke … en klap haar vlerke … en klap haar vlerke en …
Sy hou aan vlieg! Die wind onder haar vlerke word sterker en sy vlieg hoër en hoër! Die mossies en die swaeltjies sê, "Ongelooflik! 'n Vlieënde hoender!"
En die ander hoenders wil net soos sy wees.
Hulle sê, "O Daisy, jy's ongelooflik!"