Hoekom is Yayeri so Goed?
Michael Oguttu
Vusi Malindi

Die goeie Yayeri word elke oggend baie vroeg wakker.

Ons vra, "Hoekom is Yayeri so goed?"

1

Sy is dankbaar vir die nag wat verby is.

Ons vra, "Hoekom is Yayeri so goed?"

2

Sy maak haar bed baie mooi op.

Ons vra, "Hoekom is Yayeri so goed?"

3

Sy groet haar ouers, oupa en ouma.

Ons vra, "Hoekom is Yayeri so goed?"

4

Sy maak haar gesig skoon met blou seep.

Ons vra, "Hoekom is Yayeri so goed?"

5

Sy borsel haar tande met lughano tandepasta.

Ons vra, "Hoekom is Yayeri so goed?"

6

Sy bad haarself met koue water.

Ons vra, "Hoekom is Yayeri so goed?"

7

Sy trek haar oranje skool uniform aan.

Ons vra, "Hoekom is Yayeri so goed?"

8

Sy trek haar swart skoene aan.

Ons vra, "Hoekom is Yayeri so goed?"

9

Sy haas na haar skool in Mbala.

Ons vra, "Hoekom is Yayeri so goed?"

10

Sy studeer Wetenskap, Sosiale Studies en Wiskunde.

Ons vra, "Hoekom is Yayeri so goed?"

11

Sy sing, dans 'otamenhaibuga' en speel sokker.

Ons vra, "Hoekom is Yayeri so goed?"

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Hoekom is Yayeri so Goed?
Author - Michael Oguttu
Translation - Ané van Straaten
Illustration - Vusi Malindi
Language - Afrikaans
Level - First sentences