My Ma Maak Tuin
Tom Sabwa
Jonathan Field

My ma maak tuin. Sy het ʼn klein tuin gemaak. Sy het ertjies in haar klein tuin geplant.

1

My pa maak tuin. Hy het ʼn klein tuin gemaak. Hy het blomme in sy klein tuin geplant.

2

My ma het altwee tuine skoon gemaak.

3

My pa het altwee tuine water gegee.

4

Ek en my ouers het in die klein tuine gewerk. Ek en my suster het die blomme en ertjies gepluk.

5

Die klein tuin met ertjies het sakke vol ertjies gegee. Die klein tuin met blomme het sake vol blomme gegee.

6

My ma het tuin gemaak. Sy het ʼn groot tuin gemaak. Sy het die groot tuin vol ertjies geplant.

7

My pa het tuin gemaak. Hy het ʼn groot tuin gemaak. Hy het die groot tuin vol blomme geplant.

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
My Ma Maak Tuin
Author - Tom Sabwa
Translation - Tersia Myburgh
Illustration - Jonathan Field
Language - Afrikaans
Level - First sentences