Eendag was daar ’n baie honger jakkals. Hy het deur die bos geloop en kos gesoek.
Uiteindelik kom hy op ’n wingerdstok af. ’n Bos sappige druiwe het aan een van die hoë takke gehang.
Dit lyk nou lekker, het hy gedink. Hy tree toe ’n entjie weg, gereed om sy hoogste sprong te gee.
Maar die druiwe was te hoog. Jakkals het op sy rug geval. Hy kon nie eens naby die druiwe kom nie.
Gou was Jakkals weer op sy pote. Hy het verder weggetree as vroeër. Nou sal hy mos hoër kan spring. Maar nee, hy val toe net harder op sy rug.
Hy het aanhou probeer, maar hy kon nie by die druiwe uitkom nie. Hy het elke keer op sy rug geval. Sy rug was later baie seer.
Uiteindelik gee hy op en loop weg.
Toe hy later terugkyk, was hy hongerder as ooit. Maar hy dink: Daardie druiwe lyk in elk geval suur.