Laat ek jou my storie vertel. Ek begin my lewe as 'n klein vonkie.
As die wind begin waai, hardloop ek wild.
Ek en jy is goeie vriende.
Ek kook jou kos.
Ek gee jou lig in die nag.
Ek het baie toertjies.
Ek is deel van jou familie.
Maar wees versigtig wanneer jy my na jou huis toe nooi. Ek hou nie daarvan as jy my alleen los nie.