Palesa is lief vir plante
Ursula Nafula
Jesse Pietersen

Hier is Palesa.

Haar naam beteken "blom" in haar taal, Setswana.

1

Soggens praat Palesa met die lemoenboom.

"Lemoenboom, gee asseblief vir ons baie lemoene."

2

Palesa loop skool toe.

Op pad sê sy vir die gras, "Asseblief gras, word groener. Moenie uitdroog nie."

3

Palesa loop verby veldblomme.

"Blomme, baie dankie vir julle helder kleure."

4

By die skool praat Palesa met die klein boompie.

"Boom, kry asseblief groot takke sodat ons in jou skadu kan lees."

5

Palesa praat met die heining om die skool.

"Groei asseblief mooi sterk en hou die boewe uit."

6

Toe Palesa na skool terug by die huis kom, hardloop sy na die lemoenboom.

"Is jou lemoene al ryp?" vra Palesa.

7

"Die lemoene is nog groen," sug Palesa.

"Ek sal jou môre weer sien, lemoenboom," sê sy. "Miskien sal jy dan 'n ryp lemoen vir my hê.

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Palesa is lief vir plante
Author - Ursula Nafula
Translation - Fanie Viljoen
Illustration - Jesse Pietersen
Language - Afrikaans
Level - First sentences