Hoender en Duisendpoot
Winny Asara
Magriet Brink

Hoender en Duisendpoot was vriende. Maar hulle het altyd teen mekaar meegeding.

Eendag besluit hulle om sokker te speel. Hulle wou sien wie die beste speler is.

1

Hulle gaan na die sokkerveld toe en begin speel. Hoender is vinnig, maar Duisendpoot is vinniger.

Hoender skop ver, maar Duisendpoot skop verder. Hoender raak naderhand knorrig.

2

Hulle besluit om 'n strafskop-kompetisie te hou. Eers is Duisendpoot die doelwagter. Hoender teken net een doel aan.

Toe is dit Hoender se beurt om die doelhok te verdedig.

3

Duisendpoot skop die bal en teken 'n doel aan.
Duisendpoot dribbel die bal en teken 'n doel aan.
Duisendpoot stamp die bal met sy kop en teken 'n doel aan.

Duisendpoot teken vyf doele aan.

4

Hoender raak toe vreeslik kwaad omdat sy verloor. Sy is 'n slegte verloorder.

Duisendpoot begin lag omdat sy vriendin so 'n bohaai opskop.

5

Hoender word toe so kwaad dat sy haar bek ooprek en Duisendpoot insluk.

6

Op pad huis toe ontmoet Hoender vir Ma Duisendpoot. Ma Duisendpoot vra, "Het jy my kind gesien?"

Hoender sê nie 'n woord nie. Ma Duisendpoot raak bekommerd.

7

Toe hoor Ma Duisendpoot 'n fyn stemmetjie. "Help my, Ma!" roep die stem.

Ma Duisendpoot luister mooi en begin soek. Die stem kom uit Hoender se maag.

8

Skielik roep Ma Duisendpoot, "Gebruik jou spesiale kragte, my kind!"

Duisendpote kan 'n vreeslike stank los en hulle proe aaklig. Hoender begin toe siek voel.

9

Hoender breek 'n wind. Sy sluk en sy spoeg. Sy hoes en sy proes.

Die duisendpoot is aaklig!

10

Hoender hoes so erg dat sy later vir Duisendpoot uit haar maag uithoes.

Ma Duisendpoot en haar kind skarrel toe teen 'n boom op en gaan kruip weg.

11

Van daardie dag af is hoenders en duisendpote vyande.

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Hoender en Duisendpoot
Author - Winny Asara
Translation - Fanie Viljoen
Illustration - Magriet Brink
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs